Republikeinse Party Republican Party | |
Republicans | |
Leier | Michael Whatley |
---|---|
Gestig | 20 Maart 1854 |
Voorafgegaan deur | Whig Party Free Soil Party |
Hoofkwartier | 310 First Street SE, Washington, D.C. 20003 |
Studentevleuel | College Republicans |
Jeugvleuel | Young Republicans Teen Age Republicans |
Ideologie | Konserwatisme[1] Ekonomiese liberalisme[2] Fiskale konserwatisme[3] Sosiale konserwatisme[4] |
Internasionale affiliasie | International Democrat Union |
Amptelike kleure | Rooi |
Webblad | gop.com |
Die Republikeinse Party (Engels: Republican Party), of kort Republikeine (Republicans), ook Grand Old Party (Engels vir: "Groot Ou Party; GOP) genoem, is een van die twee hedendaagse groot politieke partye in die Verenigde State, saam met die Demokratiese Party. Die party is op 20 Maart 1854 deur anti-slawerny-aktiviste, moderniste en voormalige lede van beide die Whig Party en die Free Soil Party gestig. Die Republikeinse Party het vir die grootste deel van die tydperk tussen 1860 en 1932 die nasionale politiek en in die meerderheid van die noordelike state gedomineer. Hul nieamptelike kleur is rooi en hul nieamptelike wapendier is die olifant. Met 'n geskatte ledetal van 30,7 miljoen in 2012 is die Republikeinse Party naas die Demokratiese Party die tweede grootste party van die Verenigde State.[5]